Friday, 12 April 2019 11:35

Leer kry 'n nuwe hupstoot wêreldwyd

 

Ek word wakker vanoggend met baie negatiwiteit wat heers in die nuus, radio, ens oor die huidige betogings wat plaasvind. Ons almal se besighede word negatief beinvloed hierdeur en asof die ekonomie nie reeds swaar genoeg trek nie. As ek dan verder dink oor al die positiewe dinge wat hier by African Leather en veral in die leerbedryf aan die gebeur is kry ek sommer nuwe krag vir die dag!

Dit wil voorkom of leer ‘n nuwe hupstoot gekry het wêreldwyd en dit kan toegeskryf word aan pryse wat aansienlik gedaal het die afgelope jaar of wat. Daar was ‘n stadium waar vervaardigers van meubels meer op lap gekonsentreer het agv leerpryse wat te duur was, maar deesdae is leer baie kompeterend met enige lap en in sekere gevalle selfs goedkoper.

Hier by African Leather is ons baie opgewonde oor die res van die jaar wat voorle, veral omdat daar soveel meer keuses is wat kleur en afwerking van die verskillende lere aanbetref. Ons is selfs besig met ‘n nuwe projek om hardeware aan te hou vir handsak kliente sowel as vervaardigers van belde asook crafters van enige leer produkte. Dan is ons ook besig om die kurk – mark uit te bou en glo dat hierdie produk ook gaan posvat in die volgende jaar.

Soos almal weet het ons twee takke, naamlik African Leather Paarl asook Centurion. Laasgenoemde het vreeslik uitgebrei die laaste jaar of wat en ons het die vloerspasie letterlik verdubbel wat dit mootlik maak om meer voorraad aan te hou. Ek wil almal graag aanmoedig om ‘n draai te kom maak by ons “warehouse” in Paarl of Centurion en ons reeks leer en wildsvelle kom besigtig.

Dankie aan al ons lojale kliente vir julle ondersteuning die afgelope 15 jaar en ons hoop om nog baie besigheid saam te doen in die jare wat kom.

Kind Regards/ Vriendelike Groete

Ian Otto

HEAD OFFICE PAARL

african leather bottom logo 300